Agtergrond

  HOE LANK BESTAAN DIE GROEP AL?

Jare.  Maar sedert 2004, votyds vir Jesus in die musiek.  Doen glad nie meer sekulêre musiek.  God het ons afgesonder vir Sy werk alleen.  Its all or nothing.  Ons het ervaar dat in ons geval, Hy nie wil hê, ons al twee moet doen nie.

 

  WIE IS DIE MENSE AGTER DIE MUSIEK?

Ons al drie is ware kinders van die Here.  Murg en been.  Ons is nie kerkgebonde nie.  MAW ons glo nie dat ‘n kerk en ‘n leraar ons in die hemel kan inpreek nie.  Ons glo net aan Jesus.  Want Hy is die Weg, die Waarheid en die Lewe.  Ons wil mense oortuig dat ons wakker moet wees.  Ons kan net gered word deur te glo dat Jesus die Seun van God is en JY MOET ‘N VERHOUDING MET HOM Hê.  Sodat Hy nie eendag vir jou kan sê “gaan weg, Ek ken jou nie!”  Al hoe jy ‘n verhouding met Hom kan hê is deur tyd met Hom en Sy woord te spandeer.  Maak nie saak op watter manier.  Jy moet 24/7 met Hom besig wees in jou Gees.  In ge “plug”  heeltyd. 

 

[Tuisblad] [Agtergrond] [Albums] [Foto's] [Optredes] [Kontak ons]

Copyright (c) 2007 All rights reserved.
holtzhausen.anita@gmail.com