Optredes

WAT BEHELS ‘N OPTREDE?

Dis bedieningssessies met woord en lied wat ongeveer 2 ure neem.  B2B is gereed vir enige gehoor van jeug tot bejaardes.  Verder gee ons totaal en al oor aan die Heiige Gees vir leiding.  Leraars kan gerus ‘n dag af “vat” en B2B nooi om die diens waar te neem.  Ook baie suksesvol vir jeugoptredes, maar net so oulik vir erediensste.  Ons pas absoluut aan.

VANWAAR AF MOET B2B REIS?

Nos is die leier van die groep.  Getroud met Sharon en sy suster Anita sing saam.  Nos en Sharon bly in KemptonPark en Anita woon op ‘n plaas in Grootvlei, Mpumalanga.

Indien ons Kaap toe genooi word of Bloemfontein ens. verkies Nos, Sharon en Anita om te vlieg terwyl die “crew” moet af ry met die instrumente.

WAAR SAL B2B NIE OPTREE NIE?

Omdat dit bedienningssessies is wil hulle kommunkeer met die gehoor.  Funksies soos ‘n bazaar is steurend omdat mense gewoonlik net verby stap en staar.  Dan kan mens net sowel ‘n cd speel.  Daar moet stoele wees waar mense kan sit sodat daar goed gekommunikeer kan word.

‘n Baie interessante en suksesvolle Optrede was die PAPFEES 2007 in Mei-maand.  Daar het die mense bankvas onder die tent gesit was verwonderd oor dit waarna hulle kyk.  B2B het daar vir Jesus opgestaan tussen al die sekulêre kunstenaars en dit was ‘n reuse sukses.

Dis mos hoe dit moet wees.  God moet so integrale deel van ons bestaan wees dat dit nie snaaks moet wees om skielik gospel op ‘n skou te hoor nie.  Dis mos normaal!  Ons glo ook nie om terug te hou omdat ons bang is dit gaan nie werk op pas by die gehoor nie.  Ons is eerder bekommerd om God te ontstel as om mense te ontstel.  Ons is radical en dit kom baie normaal oor!

 

Desember

Geen optredes.  Familie tyd.

[Tuisblad] [Agtergrond] [Albums] [Foto's] [Optredes] [Kontak ons]

Copyright (c) 2007 All rights reserved.
holtzhausen.anita@gmail.com